'n Stylvolle huis met vloerplanne

Johannes van Graan Johannes van Graan
Projekt domu HomeKONCEPT 28, HOMEKONCEPT | Projekty Domów Nowoczesnych HOMEKONCEPT | Projekty Domów Nowoczesnych
Loading admin actions …

Indien jy droom van ‘n moderne, elegante en heel ruim huis wat kan byhou met ‘n aktiewe leefstyl, dan is vandag dalk net jou gelukkige dag, want ons gaan presies so ‘n ontwerp aanskou. Vandag se homify 360° ontdekking kom van Poolse argitekte Homekoncept, en dit gee ons ‘n kykie na ‘n heel moderne huis wat perfek pas by die styl en glans van die 21ste eeu. 

Maar wat nog beter is is dat ons die vloerplanne ook byderhand het om te sien hoe al die verskillende vertrekke bymekaar inpas – en sodat dit jou kan inspireer vir jou droomhuis eendag…

‘n Sjiek styl

homify

Ons is mal oor die skoon, sjiek ontwerp aan die buitekant; al daardie teksture en kleure wat mekaar so pragtig aanvul – dis nie sommer enige woonbuurt wat met so ‘n stylvolle struktuur spog nie. 

Kyk net hoe pragtig versier daardie hout die motorhuis, asook die voorste ingang. 

Maar hoe lyk hy langs die kant?

Ewe stylvol

homify

Die mooi, geometriese ontwerp van die huis hou aan om ons te beïndruk langs die kant, waar ons bietjie meer van die tuin ook kan aanskou.

Die uitmuntende binnekant

Die binnekant is ook gereed om ons asems weg te slaan, veral met hierdie oopplan-uitleg waar ons ‘n sitkamer, eetkamer en kombuis aantref. 

Hier is so baie sjiek elemente wat uitstaan ons is nie seker waar om eerste te kyk nie: daardie vloer teëls, die treflike ligte wat van die hoë plafon hang, die pragtige L-vorm sofa ens.

Die eethoekie

Kyk hoe gerieflik is die eetkamer en kombuis verbind met mekaar, wat natuurlik ‘n lekker kuier met vriende en familie soveel makliker maak. 

Om seker te maak die huis se binnekant is goed verlig, is dakvensters ook bygevoeg.

Die netjiese kombuis

Indien jy ‘n groot aanhanger van die minimalistiese styl is, kan hierdie kombuis dalk jou aandag trek. Kyk hoe perfek werk daardie ligte kleure, skoon ontwerp en eenvoudige uitleg saam om ‘n spasie te skep wat gelyktydig prakties en stylvol is. 

Groot hoekvensters verseker ‘n pragtige uitsig op die tuin, wat natuurlik ook help om bietjie groenigheid by al daardie wit en ligte kleure te voeg.

Die vloerplan: Grondvlak

homify

Die grondvlak van die huis bied ongeveer164.9 m² spasie aan en sluit in drie slaapkamers, een badkamer, ‘n waskamer, die oopplan sit- en eetkamer, die kombuis, ‘n motorhuis (groot genoeg vir twee karre), asook ‘n heel ruim stoepie aan die agterkant.

Die vloerplan: Boonste vlak

homify

Die boonste verdieping van die huis is effens kleiner, maar nog steeds heel prakties met 144.9 m² spasie. Hier tref ons nog drie slaapkamers aan, twee badkamers, asook ‘n oopplan uitleg wat vir ‘n studeerkamer gebruik kan word (waar die dakvensters ingesluit is). 

En moenie van daardie heerlike ruim balkon bokant die motorhuis vergeet wat verbind is met die hoofslaapkamer nie. 

Dink jy hierdie huis kan werk vir jou en jou gesin?

Gepraat van moderne styl, kyk bietjie na Die pragtigste huis in die Kaap.

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista