​‘n Johannesburg huis se opknapping

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Casas modernas
Loading admin actions …

Dit is mos nou maar in die mens se natuur om van plan te verander, om altyd iets nuuts en mooier te wil hê. Dit geld natuurlik ook vir ons huise en hoekom ons derduisende rande op opknappings spandeer om ons leefspasies meer modern en groter te maak.

Vandag se ‘voor en na’ stukkie fokus op ‘n Johannesburg huis wat, sonder om lelik te wees, bietjie outyds lyk. Maar gelukkig het die slim en kreatiewe mense by Stena Argitekte ‘n blink ontwerp om hierdie huisie in iets nuuts te omskep.

Kom ons kyk bietjie wat hul planne behels…

Die ou huis

homify Casas modernas

Ons hou van baksteenmure, ons hou van dakteëls en ons is mal oor ligte en neutrale kleure – MAAR ons hou ook van strukture en spasies wat nuut en leefbaar lyk, en alhoewel hierdie huis dalk as ‘modern’ beskou kon word eens op ‘n tyd, is dit glad nie meer die styl wat hy vandag het nie. 

Selfs die tuin lyk bietjie gehawend.

Die nuwe ontwerp

homify Casas modernas

Kan jy glo hierdie is hoe die nuwe huis dalk kan lyk? Met ‘n ekstra verdieping, nuwe boumateriale, sjiek kleurskemas en ‘n parmantige tuinstyl, kan mens skaars glo so ‘n opknapping is moontlik – en tog is dit!

Die agterkant

homify Casas modernas

Natuurlik sal die opknapping die huis se agterkant ook optower in iets nuuts, en hier sien ons hoe die agterkant omskep kan word in ‘n luukse kuierarea, kompleet met balkonne, afdak stoep en swembad.

Soveel styl

homify Casas modernas

Die lekkerste deel van so ‘n opknappingsprojek? Om nuwe meubels en dekorstukkies te koop! Kyk net na hierdie moderne stoele en koffietafel wat ‘n blink styl aan die agterstoep verleen.

Dis darem maar lekker om te droom…

Vir nog ‘voor en na’ projekte, loer gerus na: They remodeled their patio and now it's beautiful!

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista