​5 ontwerpfoute wat ongeluk na jou huis lok

Solicita Cotización

Número incorrecto. Por favor, compruebe el código del país, prefijo y número de teléfono.
Al hacer clic en 'Enviar' confirmo que he leído los Política de protección de datos y acepto que mi información anterior sera procesada para responder a mi solicitud.
Nota: Puedes cancelar tu consentimiento enviando un email a privacy@homify.com con efecto futuro

​5 ontwerpfoute wat ongeluk na jou huis lok

Johannes van Graan Johannes van Graan
de Carnets Libellule Moderno
Loading admin actions …

Ons sal nou nie onsself klassifiseer as bygelowig nie, maar sommige ontwerpers is. En natuurlik glo baie mense aan die krag van Feng Shui, daardie antieke Chinese “geloof” wat daarop neerkom dat die plasing van meubelstukke en dekor binne mens se huis bepaal watse soort energie aanwesig is. 

Dus, voel vry om hierdie leesstuk met ‘n knippie sout te neem, al is dit nou ook hoe interessant! 

Maar kom ons gaan voort – kyk gerus na hierdie 5 foute wat negatiewe energie binne jou huis kan inbring!

1. ‘n Spieël oorkant jou bed

Master Bedroom Entrance with Mirror Cuartos de estilo clásico de Luke Cartledge Photography Clásico
Luke Cartledge Photography

Master Bedroom Entrance with Mirror

Luke Cartledge Photography

Natuurlik moet mens se slaapkamer ‘n plek van rus en harmonie wees, maar sommige mense glo dat ‘n spieël reg oorkant die bed tot verhoudingsprobleme kan lei! 

As jy eerder nie daardie kans wil vat nie, stel ons voor jy skuif dit na ‘n ander plek!

2. ‘n Swart voordeur

Front door Casas de estilo clásico de K-Tribe Studió Clásico

Wel dis nou regtigwaar ‘n skande, aangesien ons dol is oor swart voordeure! Hulle lyk net altyd so elegant en stylvol, maar blykbaar stem Feng Shui nie saam nie, tensy daardie swart voordeur na die noorde wys.

3. Plante met dorings

Blykbaar het enige voorwerpe met skerp hoeke te doen met die ongeluk; dus, as jy net goeie energie binne jou huis soek, stel ons voor jy raak ontslae van kaktusse en ander plante met dorings. 

Plant hulle eerder in jou voor-of agtertuin, en bring ‘n paar sagte plante of blomme na binne.

4. ‘n Kalender wat op die verkeerde plek hang

Die laaste plek waar daardie muurkalender moet hang is by jou voordeur, aangesien dit ‘n sterk herinnering is aan die verbygaande dae (asook die hoeveel tyd wat jy nog oor het).

5. ‘n Skildery van ‘n skipbreuk

A Ship in Port is Safe But... Oficinas de estilo escandinavo de Pixers Escandinavo
Pixers

A Ship in Port is Safe But…

Pixers

Voel dit gedurig asof die slegte geluk jou teiken en niks in jou lewe wil regloop nie? Dis dalk omdat daar ‘n prent van ‘n skipbreuk iewers in jou huis is, want Feng Shui vertel vir ons dat dit negatiewe energie aantrek en binne jou huis versprei! 

Volgende op ons leeslysie: Die perfekte slaapkamer volgens jou sterreteken.

Fachada con iluminación nocturna modelo Chipiona Casas inHaus Casas modernas de Casas inHAUS Moderno

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

¡Encuentra inspiración para tu hogar!