​15 hekke wat die hele buurt sal beïndruk

Johannes van Graan Johannes van Graan
Sichtschutz aus Edelstahl: handgefertigt und individuell, Edelstahl Atelier Crouse: Edelstahl Atelier Crouse: Jardines de estilo moderno
Loading admin actions …

Ons almal in Suid-Afrika weet hoe belangrik dit is om heinings en hekke in te span rondom ons huise om onsself en familie veiliger te hou. Maar dit beteken mos glad nie dat daardie heinings en hekke skreeulelik hoef te wees nie? Inteendeel, daardie voorste heining en/of hek is mos die heel eerste element wat mense ‘n idee gee hoe jou huis se styl gaan wees, en aangesien ons almal weet hoe belangrik eerste indrukke is, het ons besluit om so paar veiligheidshekke te versamel wat net weet hoe om styl te verskaf!

1. Hierdie metaalontwerp is ideaal vir moderne style.

2. Voeg net so paar terracotta teëls by om daardie super moderne styl bietjie te versag, soos hierdie voorbeeld wys.

3. Wie’t gesê vlekvrye staal kan nie pragtig kreatief lyk nie?

4. En vir dié wat hou van rustieke style kan hierdie metaal hek met klipmuur die perfekte ontwerp wees.

5. ‘n Mengsel van verskillende materiale ken ‘n heel indrukwekkende ontwerp skep, soos hierdie eklektiese voorbeeld vir ons wys.

6. Moenie die trefkrag van tekstuur vergeet nie – wie’t gedink eenvoudige metaal en klipteëls kan so elegant lyk?

7. Die klassieke “white picket fence” kry hierso ‘n heel moderne opgradering!

8. Jou veiligheidshek hoef jou nie benoud te laat voel nie – kyk hoe mooi oop is hierdie ontwerp.

9. Aluminium is ‘n heel praktiese opsie vir enige tipe weer – en natuurlik is die eindresultaat lekker sjiek.

10. Al ooit gedink om jou hek soos ‘n deur te laat lyk? Dit kan verseker maak dat jou erf uitstaan.

Reforma de vivienda con etiqueta de eficiencia energética A (Gran Alacant, Santa Pola), Novodeco Novodeco Puertas y ventanas de estilo escandinavo

11. En gepraat van uitstaan, hierdie spierwit hek weet net hoe!

12. Moenie dink ons het van hout vergeet nie! Of dat dit nie net rustiek hoef te lyk nie.

13. Hout bly nou maar ‘n klassieke opsie wat letterlik by enige styl kan inpas.

14. Hierdie krul-ontwerp van yster is ideaal wanneer jy voel jou erf kort bietjie kreatiwiteit.

15. En moenie vergeet van monochroom kleurskemas nie – gepraat van klassiek!

Van buite na binne, loer gerus na hierdie 8 Klein badkamers waaroor jy dol gaan wees.

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista