​7 Feng Shui wenke vir Suid-Afrikaanse huise

Johannes van Graan Johannes van Graan
Salón en Barcelona: Color y Funcionalidad, Dröm Living Dröm Living Salas de estilo moderno
Loading admin actions …

Of jy nou in Feng Shui glo of nie, mens kan nie stry dat dit nogal heel interessante (indien nie vemakerige) leesstof is nie. Feng Shui, ‘n antieke Chinese geloof/bygeloof, vertel vir ons dat die manier waarop ons ons huise se meubels en dekor skuif ‘n invloed op ons lewens gaan hê. Dit sluit natuurlik alle negatiewe en positiewe aspekte in soos ons verhoudings, finansies, gesondheid, ens.

En net vir ingeval jy dit wil uittoets en kyk of dit ‘n invloed op jou welvaart gaan hê, voel vry om hierdie wenke te probeer…

1. ‘n Mooi ingang

Blykbaar kan ‘n mooi, skoon en netjiese ingang finansiële welvaart in jou huis (en lewe) inlok. Fokus op ordentlike beligting, dalk ‘n plant of twee, en ‘n deur wat nie moeilik oopskuif nie.

2. Die belangrikheid van water

Water simboliseer rykdom volgens Feng Shui, dus is dit belangrik om ‘n fontein, waterbak of enigiets anders wat met vloeiende water te doen het in jou huis te sit – behalwe teen die muur waarteen jou bed staan.

3. Ruim dadelik op

Gedink jy kan wegkom sonder om bietjie aan die kant te maak? Feng Shui vertel vir ons dat geen positiewe energie in ‘n deurmekaar omgewing kan vloei nie, so begin solank opruim.

4. ‘n Netjiese kombuis

Natuurlik is dit belangrik (en veilig) om jou kombuis so skoon as moontlik te hou, maar Feng Shui vertel ook vir ons om dadelik van enige kos ontslae te raak wat verval het.

5. Gooi als uit wat nie gebruik word nie

Vestidor Canexel Closets de estilo clásico

Deel van jou opruim moet ook insluit om als bymekaar te maak wat jy nie meer gebruik nie (hetsy dit nou klere of dekor is) en dit of uit te gooi of te skenk aan iemand anders.

Blykbaar simboliseer hierdie ekstra spasie in jou huis/lewe die nuwe rykdom wat oppad is!

6. Kleure is belangrik

homify Cuartos

Vir rykdom, moet die kleure rooi, pers of groen in jou huis wees, hetsy dit nou teen die mure of op jou meubels/dekor is. Maar onthou ook net dat hierdie skakerings moet inpas by jou huis se styl!

7. Bring plante na binne

Plante simboliseer voorspoed in Feng Shui, so voel vry om ‘n paar potplante binne jou huis te plaas. Let wel: fokus op dié met ronde blare of rooi blomme! 

En so gepraat van plante, kyk bietjie na hierdie 8 tuine wat jou sommer gaan lus maak vir tuinmaak!

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista